Van die vroue wat kombersies gehekel het is Kitty Lambrecht, Ann Kruger, Yvette Winson, Irene Huygen, Mary-Ann Botha, Johnet Smit, Susan van der Merwe, Willa Botha en Annette van Rensburg.

Vroue span hekelpenne in om seniors warm te hou die winter

Posted in News by Anchen Coetzee on 16 May, 2018 at 7:39 p.m.

BARBERTON - Meer as 20 plaaslike vroue het die laaste paar maande hul vleitige vingers ingespan om kniekombersies te hekel vir die bejaardes by Bob’s Sentrum. Hierdie kombersies is Vrydag aan die senior burgers oorhandig tydens ‘n vroeë Moedersdag middagete. Om die uitdeel regverdig te laat geskied het die tantes en ooms elk ‘n nommer getrek en hul kombersies is hiervolgens toegeken.

Alhoewel almal wat gehelp het nie die geleentheid kon bywoon nie, het die inisieerder van die projek, Irene Huygen, ieder en elk bedank vir hul onbaatsugtigheid. “Ek wil die winkel Help-my-Krap in besonder bedank vir hul borgskap. Die oorhandiging van die kombersies het op die regte tyd plaasgevind aangesien die winter-luggie maar koel word hier na die laatmiddag se kant toe,” het sy gesê.

Baie dankie aan die volgende vroue wat elk 'n hekelpen opgeneem het om die winter 'n bejaarde se knieë warm te hou: 
Ann Kruger; Annette Botha Janeke; Annette van Rensburg; Charlotte van Jaarsveld; Corna Labuschagne; Hester du Toit; Ibonette du Toit; Ina Vorster; Irene Huygen; Johnet Smit; Judy Stoop; Karin Rex; Kitty Lambrecht; Loura Barnard; Marianna Grobler; Mary-Ann Botha; Melinda Holloway; Sandra Lloyd; Susan van der Merwe; Willa Botha en Yvette Winson.

Anchen Coetzee / Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee