Drie verdagtes vlug na plaasaanval

Posted in News by Anchen Coetzee on 8 February, 2018 at 5:04 p.m.

LIMPOPO - ‘n Plaasbestuurder van Melkrivier, Berdus Henrico (39), en sy verloofde Estelle Nieuwenhuys (40), het die dood naelskraap vrygespring nadat hulle Dinsdag, 6 Februarie, die slagoffers geword het van ‘n plaasaanval.

Volgens Barend Pienaar van Oor Grense Media, het drie mans omstreeks 20:15 die paartjie se huis betree. “’n Struweling het gevolg tussen Henrico en twee van die aanvallers. Tydens die geveg is Nieuwenhuys se arm gebreek. Die derde verdagte het die huis binnegekom en drie skote geskiet – twee het Henrico in sy skouer getref en een in sy nek,” het Pienaar aan Africa InTouch News gesê.

Een van die booswigte het ‘n .243 jaggeweer teen Henrico se kop gedruk, maar kon nie daarin slaag om dit af te vuur nie. Pienaar vertel dat die verdagtes daarna koue voete gekry en op die vlug geslaan het met die .243 jaggeweer, twee windbukse, ‘n haelgeweer en ‘n skootrekenaar. Woensdag was ‘n soekgeselskap steeds besig om die omgewing te fynkam.

Medici van APA Ambulansdienste het die slagoffers op die toneel gestabiliseer voor hulle na FH Odendaal Hospitaal in Modimolle vervoer is. Nieuwenhuys is reeds ontslaan. Henrico is oorgeplaas na Saint Vincent’s Hospitaal in Bela-Bela. Volgens inligting sou die koeëls Donderdag tydens 'n operasie verwyder word.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Stemboodskap & Foto's: Barend Pienaar  Video:  Africa InTouch News

 


 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee