Poging tot kontant-in-transito-rooftog op R38 onsuksesvol

Posted in News by Anchen Coetzee on 5 February, 2018 at 7:35 p.m.

‘n G4S Cash Solutions sekuriteitswag is vanmiddag in die voet geskiet tydens ‘n poging tot ‘n kontant-in-transito-rooftog op die R38.   

Die insident, wat omstreeks 17:42 in die omgewing van die Premier van Mpumalanga, David Mabuza, se woning plaasgevind het, het misluk.  Volgens Hi-Tech offisier Rynardt Deysel, was ‘n G4S Cash Solutions voertuig oppad in die rigting van Barberton toe ‘n onbekende hoeveelheid verdagtes in ‘n swart voertuig, vermoedelik ‘n BMW X5 en ‘n wit voertuig, vermoedelik ‘n Range Rover, op hulle begin skiet het.

Deysel sê 'n jaagtog het gevolg, maar die boewe het weggejaag toe die premier se huis in sig kom. "Dit het klaarblyklik te doen met ‘n polisievoertuig wat gewoonlik by die woning van die premier afstaan en wat hulle dalk skrik op die lyf gejaag het,"

Die sekuriteitswag van G4S, wat in die voet gewond is, is deur medici op die toneel behandel voor hy per ambulans vervoer is na Medi-Clinic Nelspruit.

Volgens ooggetuies lees ‘n gedeelte van die Range Rover se registrasie nommer as volg: FK 68 DF GP.
Van die koeëlgate op die G4S bussie is waarskynlik veroorsaak deur onder andere ‘n AK-47 geweer.

Ten tyde van hierdie artikel was geen bevestiging rondom die verdagtes se voertuie deurgegee nie.

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee