Jaagduiwels loop hul rieme styf

Posted in News by Anchen Coetzee on 19 December, 2018 at 11:07 p.m.

MBOMBELA - Tien spoedvrate in en om Mbombela en Ngodwana, is oor die naweek op die R40- en N4-tolpaaie in hegtenis geneem. Almal was manlike bestuurders. 'n Man van 44-jaar, wat 175 km/u in 'n 120 km-sone gery het, is op die N4-tolpad naby Alkmaar buite Mbombela gevang.

'n 50-Jarige man is op die R40 tussen Mbombela en Witrivier gevang toe hy 147 km/u in 'n 100 km-sone gery het. Op dieselfde pad het 'n ander bestuurder ook sy rieme styf geloop toe hy teen 144 km/u in 'n 80 km-gebied gery het.

Nog drie manlike bestuurders het die spoedgrens by verre oorskry toe hulle onderskeidelik 160, 156 en 143 km/u gejaag het in die 100 km/u-gebied op die N4-tolpad naby Schoemanskloof.

Borgtog is toegestaan aan al die skuldiges en hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, Pat Ngomane, het gesê hy glo hulle het hul les geleer en moet nou die gevolge van hul roekelose gedrag in die gesig staar.

Hy het gesê wetstoepassers moet voortgaan om geen genade te betoon aan padgebruikers wat nie verkeersreëls gehoorsaam nie. 

Vanaf 1 - 17 Desember het paaie in die provinsie reeds 79 lewens in 358 ongelukke geëis. Die syfer is 7% minder in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Meer as 300 mense het ernstige beserings opgedoen. Die Nkangala-streek het 38 sterftes aangeteken, gevolg deur 26 sterftes in die Ehlanzeni-streek. In die Gert Sibande-distrik is 18 padsterftes aangeteken.

Die meeste van die ongelukke tot dusver het plaasgevind as gevolg van oormatige spoed, gevaarlike verbysteek en algemene gebrek aan respek vir verkeersreëls en regulasies. Die meeste van hierdie ongelukke het meestal snags en oor die naweke gedurende die vroeë oggendure plaasgevind.

Ngomane het 'n beroep gedoen op alle padgebruikers om uiters versigtig te wees. Hy het gesê dat almal ‘n verantwoordelikheid het om lewens te red, aangesien wetstoepassers nie gelyktydig op al die paaie kan wees nie.

Ingedien deur: Joseph Mabuza
Beeld URL

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee