Petrolbom verwoes departementsvoertuig

Posted in News by Anchen Coetzee on 25 January, 2018 at 1:37 a.m.

BARBERTON – Die plaaslike brandweer, asook Hi-Tech Barberton, was 25 Januarie, net na 0:00 in kennis gestel van 'n departementsvoertuig wat brand by die Ehlanzeni TVET Kollege in Generaal Straat. Die brand het vermoedelik ontstaan toe een of meer petrolbomme deur booswigte deur 'n Nissan Tiida se voorruit geslinger is. Die kar was geparkeer binne die kollege se gronde.

Volgens reaksie offisier van Hi-Tech, Shawn Kets, het hy vroeër die aand (24 Januarie) vier verdagte persone gewaar aan die oorkant van die kollege by die ou stoomlokomotief.

Africa InTouch News was omstreeks 0:15 op die toneel waar Kapt Riaan Prinsloo van Hi-Tech ons te woord gestaan het.  

Die brandweer het daarin geslaag om die vuur teen 01:20 te blus. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee