Google skermfoto van die toneel waar die voorval plaasgevind het in Jansenstraat.

Bloedige aanval op paartjie laat gemeenskap in skok en ongeloof

Posted in News by Anchen Coetzee on 13 January, 2018 at 11:52 a.m.

ERMELO - ‘n Aanval op ‘n egpaar op 12 Januarie omstreeks 22:00 het die gemeenskap van hierdie - hoofsaaklik rustige - dorp in Mpumalanga, in vrees gedompel.

Die voorval het in ‘n stil residensiële area plaasgevind terwyl die slagoffers, ‘n man (55) en sy vrou (60), na ‘n nabygeleë kafee gestap het. Volgens die hoof van Ermelo Buurtwag, Louis Geldenhuys, wat die operasie gelei het, het ‘n wit Golf met drie manlike insittendes naby die paartjie gestop en hulle gekonfronteer. Een was gewapen en het vir hulle geskree: “We’re gonna kill you – run!”

Die eerste skoot het kort daarna geklap, terwyl die ander twee mans in ‘n struweling met die vrou betrokke geraak het. “‘n Tweede skoot is afgevuur en die man is in die bobeen getref,” het Geldenhuys gesê.

Die drie verdagtes het daarin geslaag om die vrou in die voertuig in te boender en het met haar weggejaag. Die insident het hom afgespeel voor ‘n huis in Jansenstraat. Mense in die omgewing het van die trauma bewus geword en die hulp van die buurtwag en SAPD ontbied.

Alle in- en uitgange van die dorp is dadelik gesluit en ‘n grootskaalse soektog is van stapel gestuur. Ongeveer 25 minute later is die ernstig beseerde vrou in ‘n veld in die landelike gebied gevind. Geldenhuys sê: “Nie net het sy ernstige hoof-trauma opgedoen as gevolg van die houe wat sy toegedien is nie, maar sy het ook baie bloed verloor. Vier van haar linkervoet se tone is afgekap. Slegs die kleintoontjie is oor. Haar regtervoet se tone is ook gedeeltelik vermink.”

Medici op die toneel het die slagoffer na Ermelo se provinsiale hospitaal gehaas waar sy dadelik teater toe is.

Geldenhuys het die SAPS, asook alle ander betrokkenes, vir hul vinnige optrede geloof.

“Sy het R400 kontant by haar gehad. Nie die geld of die juwele wat sy aangehad het is gesteel nie, dus kan ‘n mens nie anders as om te spekuleer oor die motief vir die gru-aanranding nie.”

Dit het onder Africa InTouch News se aandag gekom dat aangedikte stories, vermoedelik afkomstig vanaf sensasiesoekers, tans die rondte doen. Daar word onder meer beweer dat die verdagtes “side-cutters” gebruik het om die slagoffer se tone af te sny. Verder word daar ook gespekuleer dat die voertuig gevind is.

Geldenhuys het ‘n streng waarskuwing op sosiale media uitgereik dat hierdie tipe versinsels hoegenaamd nie geduld sal word nie.

Subredakteur: Lynette Brink

West Coast police detain suspects for isolated crimes

The 18-year-old was detained for housebreaking, theft, and the unlawful possession of ammunition.
Anchen Coetzee

Die beloofde land het sy gat gesien

Soos die Siembamba-liedjie, het die leiers se onbeperkte arrogansie hierdie pragtige land in sy moer in. In die sloot.
Anchen Coetzee

WC police on high alert after taxis torched in Nyanga

A case of arson is under investigation by SAPS detectives.
Anchen Coetzee

Illicit tobacco worth over R250,000 seized in Bellville

WC police are working to curb counterfeit goods, which affect public health, businesses, and the economy.
Anchen Coetzee