Nuwe leerafdeling op Afrikaans.com

Posted in News & Current Affairs by Admin on 8 May, 2017 at 3:06 p.m.

Soek jy hulp met take of hersiening, of kom jy inspirasie kort? Het jy raad nodig met lesplanne of wil jy sommer nou al die wonderwêreld van leer speel-speel vir jou kleinding ontsluit? Dan is Afrikaans.com se nuwe leerafdeling net die plek! Hier kry jy ’n magdom nuttige skakels na leerhulp en -ondersteuning sodat jy en jou kinders groot kan droom.

Wat kry jy alles daar?

Op skool

Hier vind jy skakels na leerhulp, die nuutste toeps, interessante artikels en omvangryke bronne sodat jy kan skitter op skool. 

Is jy ’n onderwyser of ’n ouer?
Vir onnies en ouers is daar ‘n magdom skakels om leer ‘n avontuur te maak. Van lesplanne, tot inspirasie, leerhulp, tuisonderrig, studie-opsies, beurse en studielenings ... #droomgroot saam met jou kind en ondersoek ‘n rykdom van bronne.

Voorskools
Hier ontsluit ons die wêreld van lekker leer vir jou kleuter en leer jou kleinding speel-speel m.b.v. nuttige toeps, die beste opvoedkundige materiaal in woord en beeld en kundige ondersteuning op elke gebied.

Na skool
#droomgroot
 -  Ons vertel jou van studierigtings, ’n verskeidenheid van tersiêre instellings hier en oorsee, beurse, studielenings en werksgeleenthede ... hoe om jou eerste CV saam te stel ... Kortom, hier ontdek jy ‘n nuwe wêreld op jou reis na sukses.

Gaan kyk sommer nou by HIER. Klik op die afdeling van jou keuse en maak so seker jy weet waar kom jou leerhulp vandaan. #droomgroot!

Ingedien deur: Annelie van Jaarsveldt / afrikaans.com

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee