Moedertaalonderrig op almal se lippe

Posted in News & Current Affairs by Admin on 20 February, 2017 at 7:40 p.m.

Almal het vrae oor moedertaalonderrig en wat ’n mens te doen staan in hierdie veranderende taallandskap waarin ons ons tans bevind. Hoe maak jy seker jou kind het die beste kans op sukses? Moet jy nie maar in elk geval jou kind na ’n Engelse skool toe stuur nie? 

Wees op die uitkyk vir die Afrikaans.com Moedertaalonderrig-blad
Op 21 Februarie (Internasionale Moedertaaldag) stel ons ’n splinternuwe en interaktiewe moedertaalonderrig-blad op ons Lekker Leer-afdeling bekend. Hier beantwoord ons jou vrae oor hoekom moedertaalonderrig so belangrik is vir toekomstige sukses, vertel jou meer oor veeltaligheid en besweer sommer ook ‘n paar bekommernisse en mites rakende moedertaalonderrig. Ons nooi jou uit om jou vrae met ons te deel sodat ons die kundiges kan raadpleeg en saam met jou ons kennis oor hierdie belangrike onderwerp kan uitbrei in ons strewe na suksesvolle en volhoubare ontwikkeling.
 
Internasionale Moedertaaldag
Internasionale Moedertaaldag bevorder kulturele diversiteit, moedertaal en veeltalige onderrig en word sedert 2008 wêreldwyd op 21 Februarie gehou. Vanjaar is die tema “’n Volhoubare toekoms deur veeltalige onderrig”, met die doel dat almal geletterdheid in taal sowel as syfers sal behaal. Derhalwe moet leerders toegang hê tot onderrig in hul moedertaal en in ander tale. Dit is slegs wanneer ’n mens jou eerste taal of moedertaal onder die knie het dat die basiese vaardighede van lees, skryf en syfergeletterdheid verkry word. (Kliek HIER)
 
Gaan lees gerus op Afrikaans.com se tuisblad  wat alles op die taal- en kultuurfront gebeur en wie doen wat ter viering van Internasionale Moedertaaldag.

Ontmoet die ambassadeurs deur HIER te kliek.
 
Wil jy met ‘n paar kundiges gesels?
Dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof: Afrikaanse Taalraad
E-posadres: conrad@afrikaansetaalraad.co.za
Telefoonnommer: 078 142 6673
 
Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad en hoogleraar in Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg.
E-posadres: ambeukes@uj.ac.za
Telefoonnommer: 083 675 8053

Ingestuur deur: Annelie van Jaarsveldt / Redaksie / Afrikaans.com
 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee