Vermoedelik vermiste vrou klaarblyklik ongedeerd

Posted in News & Current Affairs by Admin on 29 September, 2016 at 8:14 p.m.

‘n Boodskap met 'n meegaande foto wat die rondte doen op die gewilde gespreksgroep WhatsApp, wat dringend hulp vra om te help soek na ‘n vermiste vrou, kan waarskynlik nie aan vuilspel gekoppel word nie. Volgens inligting sou sy haarself in die Laeveld-omgewing bevind.



Amanda Loots.
 

Die boodskap lui as volg:

“Die volgende persoon word sedert verlede nag vermis, toe sy nie huistoe gekom het nie.
Enigeen wat Amanda Loots opmerk of weet waar sy haar bevind, word vriendelik versoek om Daan Lotter te skakel by 082 338 9055.
The following person went missing last night when she did not return home.
Anybody who sees Amanda Loots or knows her whereabouts is kindly requested to contact Daan Lotter at 082 338 9055.”

Africa InTouch News het kontak gemaak met Daan Lotter. Lotter was nie baie gelukkig oor die feit dat hierdie boodskap versprei word nie. Hy het wel bevestig dat hy dit vertroulik aan ‘n plaas-groep gestuur het, maar klaarblyklik nie sy toestemming gegee het vir die boodskap om verder te gaan nie.

Goeie nuus is dat ene Amanda Loots vermoedelik veilig is, alhoewel haar ligging nog onbekend is.
 
“Ons het reeds kontak met haar gemaak en dit klink of sy ongedeerd is, maar haar selfoon se battery is moontlik pap. Ons kon dus nog nie vasstel waar sy is nie, maar sy is veilig,” het Lotter gesê.

'n Skermbeeld van die WhatsApp boodskap.

Main Image URL

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee