Deel jou Afrikaanse onthougoed en staan die kans om te wen
Afrikaans.com is ‘n trotse borg van die opwindende Grootste Genoot TV-vasvraprogram op Via (DStv-kanaal 147) wat tot 9 September elke weeksaand om half ses uitgesaai word en waar Rian van Heerden deelnemers se kennis toets van die stories, mense en nuus wat die afgelope eeu in Huisgenoot verskyn het.
Maar, terwyl jy saamkyk en probeer onthou, laat sommer jou gedagtes gaan en gaan soek die onthougoed in jou, jou ma of ouma se huis, neem ’n foto daarvan en deel dit op Afrikaans.com se Facebook-blad of op Instagram. Of skryf jou foto, met ’n kort motivering, in op Afrikaans.com en staan die kans om tot R10 000 te WEN. #myafrikaans #onthougoed.
Gaan kyk gerus HIER.
Hoe lyk jou Afrikaans?
Na drie maande en bykans 700 inskrywings en duisende stemme, sluit die eerste ronde van Afrikaans.com se kompetisie, “Hoe lyk jou Afrikaans?” op 31 Augustus waarna die eerste drie kategoriewenners van R2 000 elk op 10 September in die media en op Jukebox (DStv-kanaal 144) aangekondig word. Oeps, jou beurt gemis? Toemaar, daar is nog twee rondes oor waarin jy steeds jou bydraes kan inskryf. Ronde twee begin reeds op 1 September. Gaan kyk gerus HIER en wys vir ons hoe lyk die lekker van jou Afrikaans. As moontlike kategoriewenner, kan jy uiteindelik tot R10 000 WEN!
Geskryf deur: Annelie van Jaarsveldt / Afrikaans.com