Penny Coetzer en Johann Weber saam met beeste op die terrein.

Vullisterreinouditprojek: Ermelo toon agteruitgang

Posted in News & Current Affairs by Admin on 2 July, 2016 at 9:29 p.m.

Die AfriForum-tak in Ermelo het onlangs ’n vullisterreinoudit by die plaaslike vullisterrein gedoen. Die oudituitslag toon dat dié terrein aan slegs 52% van die minimum vereistes voldoen, maar dat dit reeds ’n groot agteruitgang is op die 82%-prestasie wat die terrein in 2015 behaal het.

Dié oudit vorm deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek wat vullisterreine aan die hand van minimum vereistes evalueer soos in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (art. 59 van 2008) uiteengesit. AfriForum het hierdie vereistes in 25 vrae verwerk en gebruik dan dié vrae om die vullisterreinoudit te doen.

“Die toestand van die vullisterrein het baie verswak en hou ’n groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in,” sê Penny Coetzer, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje van AfriForum se Ermelo-tak.

“Die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit beskik ook oor die nodige bywet, beleid en lisensie, maar het geen afvalbestuursplan nie,” sê Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Ondersteun AfriForum se vullisterreinouditprojek: Teken die aanlyn petisie op AfriForum se webtuiste of SMS “Ermelo” na 45350 (R1).

Johann Weber 
Streekskoördineerder: Mpumalanga-Oos

Penny Coetzer
Voorsitter: Omgewingsake /Ermelo-tak

Annelise de Vries
AfriForum Mediaskakelbeampte

 

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee