Moenie die kans deur jou vingers laat glip nie

Posted in News & Current Affairs by Admin on 13 July, 2016 at 11:11 a.m.

Daar is soveel dialekte en variante in Afrikaans.
Ons klink beslis nie almal eenders nie en dit is reg so. Dit is juis wat Afrikaans.com wil wys – dit maak nie saak hoe jou Afrikaans lyk of klink nie of hoe jy dit praat nie, dis Afrikaans, jóú Afrikaans.

Op Afrikaans.com is daar ’n kompetisie waaraan jy kan deelneem om te wys hoe lyk jou Afrikaans - te vertel wat roer jou in  Afrikaans. Jy word genooi om ’n foto, video, klankgreep of skryfsel op te laai en staan so die kans om tot R10 000 te wen.

Komaan, gaan kyk sommer nou die kompetisieblad en neem deel. So maak ons elkeen ’n verskil om Afrikaans as taal te bevorder.

Gaan kyk ook gerus hier vir ‘n paar skakels wat Afrikaans se baie tonge vier – van die Weskus tot die Richtersveld, van Soweto tot in die Swartland.

Geskryf deur: Annelie van Jaarsveldt - Redaksie / Afrikaans.com 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee