Hy het Afrikaans bevorder, bemagtig en beskerm

Posted in News & Current Affairs by Admin on 27 June, 2016 at 1:31 p.m.

Adam Small is op 25 Junie op 79-jarige ouderdom, oorlede.
Suid-Afrika en die Afrikaanse letterkunde is vandag armer na die dood van Adam Small - voorloper van 'n hele generasie Afrikaanse digters en iemand wat in sy leeftyd 'n belangrike bydrae gelewer het om 'n bewustheid te kweek van die wel en wee van die onderdruktes en die werkersklasgemeenskap waarin hy geleef en gewerk het. Hy het dikwels satire gebruik om die onhoudbaarheid van die destydse stelsel uit te wys.

Small kon identifiseer met die karakters waaroor hy geskryf het en dit vind uiting in sy gebruik van Kaaps - 'n variant van Afrikaans met 'n negatiewe stigma - 'n stigma wat hy deur sy gebruik daarvan ongedaan gemaak het. Nooit meer sou enige een kon beweer dat Kaaps 'n mindere taalvariant was nie, want Small het gewys dat hierdie variant hoër funksies kon omarm op dieselfde wyse as die sogenaamde Standaardafrikaans.

'n Hartseer prof Theuns Eloff, voorsitter van Dagbreek Trust, sê hoewel prof Small aan die einde van sy lewe klein in gestalte was, was hy 'n reus onder sy tydgenote en vir Afrikaans. "Ons eer sy nagedagtenis en sal voortbou op die groot werk wat hy begin het." Eloff dink veral aan sy vrou, Rosalie en familie in hierdie tyd.

Joernalis en skrywer, Heindrich Wyngaard, het die volgende huldeblyk gebring: "Die Afrikaanse gemeenskap het vandag sy grootste pleitbesorger vir wedersydse begrip onder die wit en bruin sprekers van die taal verloor. Miskien, as ons sedert die begin Sestigerjare na hom geluister het, sou Afrikaans nie vandag op sovele fronte onder beleg gewees het nie. Op 'n persoonlike vlak is prof Small die Afrikaanse filosoof en denker wat die grootste invloed op my eie rol as joernalis, skrywer en denker gehad het. Dit is weens die wyse waarop hy die lewensomstandighede van bruin mense in poësie, prosa en dramas verwoord het."

Adam Small was 'n ware ambassadeur vir Afrikaans en 'n beskermheer vir Afrikaans.com. Hy het van dag tot dag in Afrikaans geleef het, want dit was die taal waarin hy "op sy moeder se arm was" en die taal waarin hy sy eerste kennis opgedoen het van die mense rondom hom.

In sy woorde: "Deur Afrikaans het ek respek bekom vir ander tale binne ons Suid-Afrikaanse konteks, Engels veral. Ek vind dat ek vanuit Engels kan terugkyk op Afrikaans, asof ek van 'n afstand af 'n landskap gadeslaan en die trekke enomlynings daarvan agterkom. Dit sou ek nie kon doen indien ek nét Afrikaans beleef het nie."

Erika Terblanche vier hier prof Small se lewe, bydrae en werk.

Persverklaring:  ThoughtCorp / Tuscany Office Park Rivonia / Gauteng

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee