Afrikaans verneder, maar daar is hoop

Posted in News & Current Affairs by Admin on 23 June, 2016 at 2:25 p.m.

Die Universiteitsrade van Stellenbosch en Pretoria het Afrikaans verneder deur haar status as hoë vlak universiteitstaal af te gradeer. 
 
Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het die Universiteitsraad van Pretoria  “diskriminasie teen moedertaalsprekers gelegitimeer en geïnstitusionaliseer deur die aanvaarding van gelyke diskriminasie as regsbeginsel vir die nuwe taalbeleide. Dit is ’n dramatiese wegbeweeg van die huidige taalbeleid wat sê daar sal geen taaldiskriminasie teen Afrikaanse of Engelse studente of dosente wees nie. Grondwetlike taalbeskerming is nie die papier werd waarop dit staan nie.” 
 
Volgens dr. Langner is die Raadsbesluite die voltrekking van ’n proses waar die regering sedert 1994 doelbewus die beginsel van meertaligheid vernietig het deur eentaligheid en rasseverteenwoordiging op feitlik elke lewensterrein af te forseer. Die Raadsbesluite is baie duidelik oor Engels, maar vaag oor Afrikaans. “Die deur is gelukkig nog oop vir die aanbied van Afrikaanse klasse in teologie en onderwys en die uitbou van ’n sterk Afrikaanse departement. As die waarborge nie in ’n beleid neergeskryf word en die beleid toegepas word nie, is die skrif aan die muur vir Afrikaans as kerk- en skooltaal.” 
 
Volgens dr. Langner kan die feit ook nie wegredeneer word dat ’n groot aantal Afrikaanssprekende studente en dosente slegs Engels verkies nie. “Engels het die afgelope paar jaar die de facto-universiteitstaal geword. Dit was nie die EFF nie, maar Afrikaanse dosente wat vir totale verengelsing geveg het.”
 
Die FAK is steeds hoopvol oor die toekoms van Afrikaans as akademiese taal. Volgens dr. Langner gaan die FAK  sy volle gewig ingooi by die uitbouing van Akademia as volwaardige Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit en sal spesifiek betrokke raak by die ontwikkeling van drie nuwe graadkursusse op die vakkundige gebied van Filosofie, Afrikaans en Geskiedenis. 
 
Mediaverklaring: FAK
Navrae: Danie Langner


 

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee