Fanus Minnaar is die groot wenner van "Hoe lyk jou Afrikaans?"-kompetisie!

Posted in News & Current Affairs by Admin on 5 December, 2016 at 6:45 p.m.

Deelnemers was jonk en oud, vroue, mans, kinders, tieners, millennials, eerste- en tweedetaalsprekers ... en uit die duskant 1 200 raakvatinskrywings ontvang, is dit duidelik: Mense vanuit alle agtergronde, streke en kulture praat en ervaar Afrikaans verskillend ... lééf Afrikaans verskillend. Vir baie is Afrikaans meer as ’n taal ... dis deel van asemhaal.

Elke inskrywing vertel ’n storie ... ’n Afrikaanse storie!

Om uiteindelik die groot wenner aan te wys, was ’n taai toffie – behoorlik ’n stewige uitdaging - en beoordelaars kon nie anders as om nog ’n verrassingsprys toe te ken nie. Die twee jongmense wat uiteindelik met die R10 000 en R5 000 kontant wegstap, is waardige wenners!

Kriteria:
• Oorspronklik • Trots • Inklusief • Relevant • Kontemporêr • Verken, vermaak en bemagtig •Simboliek - duidelik verbind met die persoonlike belewing van Afrikaans.

Ontmoet die GROOT wenners!

Die wenners het met hul inskrywings die liefde en passie vir Afrikaans op eenvoudige, kreatiewe, maar tog aangrypende wyse verwoord.

Die GROOT wenner was Fanus Minnaar (2de ronde-wenner: video) wat vir ons vertel wat Afrikaans vir hom is.  Fanus sê Afrikaans is ons almal s’n. “’n Kaleidoskoop van kleure, maar tog kleurblind.” Vir Fanus is Afrikaans ’n lekker taal, want jy kan met hom speel en hom verander soos wat dit vir jou werk. Daarom moedig hy mense aan om saam te praat en trots te wees op hul Afrikaans-wees. “Soos ek gewerk  en gespeel het met my projek het ek weer besef hoe uniek en lekker Afrikaans eintlik is ... Met die wen het ek besef ’n mens moet jouself nooit onderskat nie.”


Kim Meissenheimer (tekswenner in die 3de ronde) het die R5 000 verrassingsprys ontvang. Kim se Afrikaans is in haar bloed. Sy is 26 en kom van Leliefontein, 'n klein plaasdorpie duskant Springbok. Hierdie Namakwalander se vuur vir Afrikaans is aangesteek op skool toe sy betower is deur die “kleurryke heerlikheid van Afrikaanse uitdrukkings en idiome.” Sy sê dit was vir haar so 'n inspirasie dat sy huis toe is en begin het met navorsing. Van daar het my bewondering gegroei. Daar is 'n uitdrukking vir elke emosie ... elke gedagte.”

Vir die allerbeste van die reste en om Fanus Minnaar en Kim Meissenheimer te ontmoet, asook meer van die inskrywings te sien, gaan kyk gerus by HIER 

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee