Kolskoot deur Han van Staal

Posted in Inside Perspective by Admin on 1 January, 2017 at 12:33 a.m.

Africa InTouch News is uit ons velle en in ons noppies van opgewondenheid om ons eerste blog-skrywer bekend te stel - en dit so op die vooraand van ons eerste verjaarsdag! 

Han van Staal, wat ook onder haar vriende bekend staan as Hanzo, draai nie doekies om nie.
Nie net skiet sy uit die heup wanneer die situasie dit verg nie, maar sy skiet boonop raak. Kolskoot. 
Haar eerste inskrywing sal vroeg in volgende week verskyn.

Ons nooi almal hartlik uit om kommentaar te lewer op haar plasings, so slyp solank julle tande, stof af die brille en trek julle debat-broeke se gulpe op (of af) - maar wat julle ookal doen, moenie lou wees nie! 
 

Biografie:

Ek is 'n 'wannabe' skrynwerker, boekbinder, webontwerper, avonturier en roller-derby entoesias met stukkende knieë en 'n oop glimlag.
Ek het al allerlei dinge probeer, sommiges met sukses en vele daarsonder. Daar is egter 'n deurlopende tema in al my pogings - 'n liefde vir boeke - lees, bestudeer, restoureer, maak en soms ook skryf.
Binne my is daar 'n morbiede fasinasie met dekonstruksie en goggas (soms tesame). My nagraadse kwalifikasie in Literêre en Kulturele teorieë het ek verwerf aan die Universiteit van Pretoria.

Gesels met Han van Staal op Facebook

Wait, isn't ActionSA helping? Why the DA is fuming over the VAT reversal

In politics, it’s never just about what you do, it’s about who gets the credit, how it’s done, and who controls the narrative.
Naomi Roebert

With love, and bath salts

I allowed myself to drift away into the super-unreality of Meghan’s joy and wealth. And I asked myself: why do we hate the rich?
Naomi Roebert

Making jam in the age of AI

In an era where AI is fast replacing us, we still have an industry it cannot reach: The joy industry.
Naomi Roebert

Die beloofde land het sy gat gesien

Soos die Siembamba-liedjie, het die leiers se onbeperkte arrogansie hierdie pragtige land in sy moer in. In die sloot.
Anchen Coetzee