Mbombela Wyk 17 gemeenskap byeenkoms baie positief
Mbombela - Gemeenskapslede van Wyk 17 in Mbombela was gisteraand by die LVCC toegespreek deur die nuwe Algemene Bestuurder van Energie, Jaco Landsberg. Volgens die inwoners van hierdie area is kragonderbrekings ‘n konstante probleem.
Landsberg het ‘n skets gemaak ter verduideliking van hoe die dinge werk en gepraat oor wat die uitdagings en moontlike oplossings behels. Volgens hom is daar defnitief lig aan die einde van die tonnel en behoort daar teen Februarie reeds noemenswaardige resultate te bespeur wees. Die gemeenskap is ook die geleentheid gegun om vrae aan hom te stel.
Dit was ‘n positiewe byeenkoms en Africa InTouch News het na afloop daarvan met die wyk se DA Raadslid, Sanley van der Merwe, gesels.