Afrikaans.com vier Internasionale Moedertaalmaand!

Posted in Education by Admin on 18 February, 2019 at 5:57 p.m.

Internasionale Moedertaaldag word op 21 Februarie gevier. ’n Inisiatief wat Afrikaans.com na aan die hart lê omdat ons glo dat ons kinders die geleentheid moet kry om in hulle moedertaal skool te gaan. Die waarde van moedertaalonderrig kan nie genoeg beklemtoon word nie en dis vir ons ’n saak van erns om alle moedertale te sien groei en gedy ... ook Afrikaans. Daarom werk ons hard daaraan om hierdie onderrigtaal vir die nuwe geslag nog meer toeganklik te maak.
 
Sê Ingrid Erlank, redakteur Afrikaans.com: “Die voorreg van moedertaalonderrig gee elke Afrikaanssprekende ’n voorsprong. Nie net is ons ten volle twee- of meertalig nie, maar wanneer ons ten gunste van moedertaalonderrig besluit, kan ons begrippe en vakke soos wetenskap en wiskunde soveel makliker bemeester. Die viering van jou moedertaal skep respek vir ander tale en taalgemeenskappe. Afrikaans is #onstaal en onmisbaar in moedertaalmaand.”
 
Neem ’n ingeligte besluit
Die Afrikaans.com-webtuiste het ’n hele afdeling afgestaan aan moedertaalonderrig en hier gee ons jou die bewese feite en antwoorde op jou vrae, en kry jy raad en ondersteuning sodat jy kan seker maak jy rus jou kind toe om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
 
Daar is gratis plakkate om af te laai en ons moedertaalboekie wat al die inligting vervat oor die belangrike keuse wat jy oor moedertaalonderrig moet maak, is ook gratis aflaaibaar sodat jy dit kan druk en deel met ander.
 
Jy kan ook ...
Maar moenie net ons woord daarvoor neem nie. Lees wat sê van ons ambassadeurs vir Afrikaans oor hoe moedertaalonderrig tot hulle sukses bygedra het en nog steeds elke dag bydra.

Hoe kan jy 'n verskil maak
- Praat en geniet jou taal
- Laat leer jou kind so lank moontlik in sy/haar moedertaal. So ontwikkel jy respek en insig vir jou mense en ook vir ander en kan jou kind groei en gedy, want sy/haar wortels is stewig geanker
- Ondersteun Afrikaanse organisasies, Afrikaanse feeste, musiek, boeke en teater
- Kyk Afrikaanse TV, lees Afrikaanse koerante en tydskrifte.

Kortom ... LEEF Afrikaans ... by die werk, by die skool en in jou huis en koester jou ryk erfenis. Afrikaans behoort aan elkeen wat deel voel van Suid-Afrika.
 
Hoe het moedertaalonderrig tot jou sukses bygedra?
Afrikaans.com vra dat jy ons vertel hoe jy jou moedertaal vier en hoe moedertaalonderrig tot jou sukses bygedra het. Gebruik die hutsmerk #onstaal en deel dit op sosiale media of stuur ’n whatsapp-boodskap na 064 652 6873.

Nuusverklaring ingestuur deur: Ingrid / afrikaans.com

 

Moedertaalonderrig: Die bousteen van uitnemendheid

Kinders het hul moedertaal nodig om hul kognitiewe ontwikkeling te verseker.
Admin

Applications now open for Sasol's prestigious bursary programme for 2021

Sasol is inviting high-achieving, motivated learners to apply for their prestigious 2021 bursary.
Admin

How to handle the critical last weeks leading up to Matric finals

Seven strategies to ensure successful Matric results.
Admin

52 SA graduates will move to Japan on July 27 to work as English teachers

To apply, applicants should be South African citizens and have a bachelor's degree in any field.
Admin