Ice pack oppie blou kol

Posted in Blogs by Admin on 6 September, 2017 at 12:03 a.m.

Africa InTouch News stel bekend ons tweede blog-skrywer - Botterblom. 

Ons nooi almal hartlik uit om kommentaar te lewer op haar plasings. Mag elkeen wat haar inskrywings lees, en hulself dalk in 'n soortgelyke situasie bevind, besef dat mens nie altyd hoef te wag vir die einde van die tonnel voor jy lig sien nie, maar dat jy self die lig kan aanskakel en, indien nodig, self 'n einde kan bou om sodoende jou nuwe begin te vind!  

Biografie:

Ek is ‘n hoogs kreatiewe, wyn-drinkende, werkende enkel-mamma asook die grootste unicorn-fanatic wat jy kan kry. My kop is soms lekker innie wolke (ek blameer my regterbrein hiervoor).

My hartseer en verlange steek ek maklik agter my glimlag en grappies weg. Hier volg my verhaal – onopgesmuk en sonder fieterjasies. Mag julle die reis saam met my herleef en hopelik iets positiefs daaruit haal!

Hier begin my verhaal - die eerste van vele skrywe
Opgedra aan die man (engel) wat God op my pad gesit het om my te help en te lei om God se mondstuk te wees.

Lank, lank gelede...

16 Jaar! Flippen 16 jaar! - 16 Jaar gaan in 'n oogwink verby. 16 Jaar voel soos 'n ewigheid. In daai 16 jaar verloor jy gewig, tel weer op (yo-yo), dan is jou hare kort, dan lank, dan blond, dan rooi, dan swart... paar plooie verskyn... rekmerke... jy word mamma...

In 16 jaar kom en gaan vriende soos seisoene. Party is nou nog vriende, ander móés jy afskryf of vermy, party misbruik jou, party is 'n lig in jou lewe, ander was 'n les.

In die 16 jaar verloor jy jou tannie, jou oupa, jou oom... jou pa.

In die 16 jaar leer jy van liefde, geluk, hartseer, kwaad, woede, selfverwyt, selfbejammering, bangwees, verlorentheid... HEL!

Gaan jy down memory lane, kan jy net nie sien waar het als skeefgeloop nie. Wat het gemaak dat 'n man wat jou so bemin het, in die duiwel self verander het en jou liggaam en siel met woorde en vuiste verniel en verwoes het?

Die 11 jaar, in die begin, se herinneringe is vaag en heel moontlik onderdruk, maar tog is daar herinneringe van 'n harde stamp of arm vasgryp en ruk. Die laaste vyf jaar, wel, dit is in die geheue vasgebrand - of sal ek eerder sê ingeslaan...

Hoekom fokus ek so op 16 jaar? Want 16 jaar terug het ek my eks-man ontmoet. Hier is die storie van my hel, hoe ek daaruit is en hoe God my gewys het daar ís hoop, jy gáán okay wees en jy is nóóit alleen nie, want Hy is en was nog die heeltyd daar.

Jeremiah 29:11
"For I know the plans I have for you," declares the Lord, "plans to prosper you and not to harm you, plans to give hope and a future."

 


 

Die onvergeetlike herinnering

Die vuiste reën op my neer. “Vir jou gaan ek doodp@*s!"
Admin

Die duiwel het sy kans gesien en dit gegryp

Wasband betekenis: He WAS my husband. Therefore he is my wasband.
Admin

Brief aan my jonger self

Daar is begeertes wat jy nie kan onderdruk nie - vrae wat niemand wil antwoord nie.
Admin

Ope brief aan ouers van gay kinders

Ek is self ‘n ouer. Ek is ook iemand se gay kind.
Admin