Die duiwel het sy kans gesien en dit gegryp

Posted in Blogs by Admin on 10 October, 2017 at 12:06 a.m.

Volg Bottertjieblom op Facebook
Lees Deel 1 HIER

Wasband betekenis: He WAS my husband. Therefore he is my wasband.

Daai liedjie maal in my kop “Where it began, I can’t begin to knowing”, dink dis Neil Diamond. In plaas van hands touching hands het dit meer hands pulling my hair, hands shoving me to the ground, hands killing me softly geword...

Waar het dit begin? Flip, ek kan nie die presiese dag, tyd, details onthou nie. Ek KAN net nie onthou nie en ek weet nie hoekom nie.

Ons WAS gelukkig ja, mense het altyd gesê ons is die greatest couple en hul wens hul het eendag die liefde wat ons het. Maar êrens het die duiwel ‘n krakie gesien en stadig maar seker hom tuisgemaak en begin dikvreet aan ons insecurities.

Ek het grootgeword in ‘n streng, Christelike huis, so God was nog altyd ‘n groot deel van my lewe, maar ek moet my kop in skaamte laat sak en erken dat ek en die wasband al hoe minder begin kerk toe gaan het en op ‘n stadium glad nie meer gegaan het nie soos die jare aangestap het. Dalk moes ek my voet neergesit het as hy gesê het hy is te moeg of nee hy het babelaas, maar dit was net te lekker om in te lê op ‘n Sondag.

Ek het wel steeds gebid. In die aande, voor ons sou slaap, sou ek sommer-so, terwyl ek lê in die bed, my oë toemaak en bid, maar dan sou die wasband my skud en sê: hoekom hou jy my nie vas nie? Ek het altyd dan gesê: Ek bid net gou klaar, dan sal ek jou vashou.

In Matteus 7 staan daar “as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot Jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon”. Ek moes eintlik in ‘n stil plek gaan bid het sodat ek alleen kon wees en maklik met God kon praat sonder enige onderbrekings. Ek wens soms ek het dit doerie tyd geweet, dalk sou dinge anders gewees het? Maar aan die ander kant dink ek dit moes so gebeur het, want God het my as mondstuk nodig vir ander vroue wat dalk te bang is om weg te breek, bang is dat hul nie op hul eie voete sal kan staan nie, bang is oor watter invloed dit op die kinders sal hê, bang is om ALLEEN te wees...

In die eerste paar dae nadat ek en die wasband uitmekaar is, het ek keer op keer hierdie boodskap gekry: God sometimes end a relationship for your protection. Don’t chase after the person he’s trying to save you from. Is dit nie mooi nie? Laat dit jou nie “wow” sê nie?

Ek en my kind het alleen vakansie gaan hou na ek en die wasband uitmekaar is. Ek was in twee geskeur. Moes ek teruggaan na hom? Sal hy verander? Sal hy hierdie keer sy beloftes nakom dat hy nie sal kwaad raak nie, nie my sal seermaak en verkleineer nie, nie so baie sou drink nie? Maar God het weereens vir my gesê: NEE! STOP! Dis nie My plan nie. Jy IS sterk genoeg! Jy het genoeg seergekry, Ek, as jou Vader, het hom uit jou lewe verwyder vir ‘n rede! Op Pinterest lees ek toe die volgende: When God show you its time to let someone go & you refuse to, He will allow the person to hurt you to the point you have no choice but to let go. Eina, nê. Maar weereens moes ek vertrou op God se plan vir my.

Toe kom die shocker terwyl ek vakansie hou: fotos van hom en sy boekhouer wat saamkuier, vriende wat my Whats-app en vra wat aangaan, want hy en sy is saam gesien by die kerk, in winkels, by jol-plekke. Ha! Waddehel?! Natuurlik het hy ontken dat daar iets aan die gang is (sy het hom net ondersteun soos wat ek nie gedoen het nie volgens hom), hul is 'net vriende'. Hahaha, lagwekkend! Ek wens ek kon jul meer in detail vertel van hoe ons haar ken, maar liewer nie, netnou kry ek moeilikheid, LOL. Maar as ek nou terugdink aan toe die wasband sy eie besigheid begin het en hy begin het om sy boodskappe te delete (veral van haar) en hoe hy gou na-ure moes ry om iets te gaan verduidelik of leërs te vat, moes daar al iets begin broei het daai tyd.

Terug van vakansie (hy het toe klaar uitgetrek) was hy gou daar om ons kind te groet. Natuurlik het ons weer vasgesit – toe ek hom uitvra oor haar - hy het sy humeur verloor, stoele rondgegooi, my amper weer gegryp en toe gesê: “Ek kry jou net terug vir JOU affair wat jy gehad het. NOU is ons square.” Ek was so seergemaak... geskok... leeg... Dit was een van daardie pynlike oomblikke wat jou lewe verander in ‘n kwessie van sekondes. Ek het net daar besluit: I’M DONE! Hierdie asshole gaan my NOOIT OOIT weer seermaak of verkleineer nie. Later die aand stuur iemand vir my ‘n boodskap van Joel Osteen: You must make a decision that you are going to move on. It won’t happen automatically. You will have to rise up and say, “I don’t care how disappointed I am, I’m not going to let this get the best of me. I’m moving on with my life.” Weereens: WOW! Sien hoe stuur God vir my boodskappe? Amazing.

Maar dis makliker gesê as gedaan veral as jy worry oor hoe jy gaan survive en aangaan met jou lewe, nê! Maar hou moed, klou vas aan jou geloof want in 1 Petrus 5:7 staan daar: Werp al julle bekommernisse op Hom want Hy sorg vir julle. Amen!

Ek kan jul NOU sê: hierdie was nie maklik vir my nie... GLAD NIE... Ek moes anti-depressante EN anti-anxiety pille begin drink, moes probeer cope by die werk, moes leer om enkel-mamma te wees, moes myself weer vind, want ek was net ‘n leë dop... geen identiteit... geen koeken-clue oor hoe om op my eie te wees nie, maar ek HET stadig maar seker die lig aan die einde van die tonnel begin sien, weg van daai narcissist.

As mense maar net weet wat God vir hul al lankal beplan het, sal hul dit eers nie glo nie, maar dink net, AS jy moes weet, dan sou jy amazed wees. God maak deure oop, God stuur engele op jou pad om jou te help, God wys jou die vreugde in jou kind se oë. DIT is waaroor geloof gaan. Jy moet GLO en God sal dit vir jou gee. Psalm 37:4: Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. En my stukkie persoonlike advies: moet nooit moed verloor nie, hou aan hoop en glo en moet ook asseblief nie jou humeur verloor nie.

Ek het nog baie om te vertel met die volgende blog posts.

Kyk uit vir: Wat is ‘n narcissist; Hoe mans is as hul weet jy is single; wat is ‘n rebound; Verkeerde besluite; Die impak wat skei op jou kind het; en Drank, seks & rock’nroll (haha).

Tot later!
Botterblom

 

Die onvergeetlike herinnering

Die vuiste reën op my neer. “Vir jou gaan ek doodp@*s!"
Admin

Ice pack oppie blou kol

Dit is in die geheue vasgebrand - of sal ek eerder sê ingeslaan.
Admin

Brief aan my jonger self

Daar is begeertes wat jy nie kan onderdruk nie - vrae wat niemand wil antwoord nie.
Admin

Ope brief aan ouers van gay kinders

Ek is self ‘n ouer. Ek is ook iemand se gay kind.
Admin