Raak digterlik en jy mag dalk met R10 000 wegstap

Posted in Entertainment by Admin on 30 July, 2016 at 11:25 a.m.

By Afrikaans.com gaan ons vir die volgende klompie weke met woorde woeker. Ons vra jou om saam met ons #digterlik te raak, ’n gedig te kies, dit voor te lees en op YouTube te laai. Dit kan jou eie digkuns wees of die woorde van jou gunstelingdigter – dit maak nie saak nie. Deel dit met ons.

’n Paneel kies weekliks ‘n wenner van die week wat op Afrikaans.com se Tuisblad geplaas en ook op sosiale media gedeel sal word. En die beste nuus van alles? Jou inskrywing kom outomaties vir ons kompetisie in aanmerking waar jy tot R10 000 in kontant kan wen. Daar gaan ook gereeld verrassingspryse op die spel wees waar jy die kans staan om ’n pragtige digbundel te wen.

Onthou ook om almal te laat weet van jou YouTube-video sodat jy soveel stemme moontlik kan kry. Gaan blaai dus vandag nog deur jou bundels of haal daardie skryfsels van jou uit die laai en deel jou spesiale woorde met ons. Ons luister graag en kan nie wag om dit met almal te deel nie.

Om in te skryf, stuur die volgende inligting na HIERDIE e-posadres:
- Naam 
- E-posadres
- Telefoonnommer
- Adres
- Naam van die gedig en die skrywer.

Gaan loer HIER om meer te wete te kom.

Ingestuur deur Annelie van Jaarsveldt / Redaksie / Afrikaans.com

 

A modern hobby worthy of your attention: tabletop board gaming

The beauty of the hobby is that you do not need to be an experienced board gamer at all to be able to enter it.
Wahl Lessing

SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

Die bestuur het besluit dat kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is.
Admin

Wine Estates Confirmed For Wine On Water Festival

The WoW Festival is a charity event, with all proceeds going to the upliftment of the local community.
Admin

Tweede Nuwe Jaar - Cape Town Street Parade

Tweede Nuwe Jaar has been celebrated in the Cape for over 110 years.
Admin