REMBRANDT VAN RIJN open vir Karen Zoid en Francois van Coke

Posted in Entertainment by Admin on 24 June, 2016 at 10:26 a.m.

Die akoestiese band, REMBRANDT VAN RIJN, sal op Saterdag, 25 Junie vir Karen Zoid en Francois van Coke se baie suksesvolle, 'Toe vind ek jou' open by GrandWest se Grand Arena.  Hierdie is een van die twee groot Arena Produksies waar 'Toe vind ek jou' aangebied sal word.  Die ander Arena vertoning is in Johannesburg by Carnival City se Big Top Arena.  Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861-915-8000 of by www.computicket.com  Groepe meer as 10 @ afslag – skakel 011-815-3000 of besoek www.lefra.com  Hierdie produksie word aangebied met die vriendelike samewerking van McCarthy Volkswagen Arcadia, Stuttaford van Lines, RSG en Christo Strydom Nutrition.

In April 2015 het Francois van Coke en Karen Zoid seker die mooiste ballade van alle tye vrygestel ... 'Toe vind ek jou'.  Die liedjie het almal reg oor die land begeester en het verskeie ligte aangeskakel in die donker.  'Toe vind ek jou' het die eerste Afrikaanse vrystelling geword om die Nr 1 posisie op kommersiële radio in Suid-Afrika.  Die musiekvideo het ongelooflike sukses behaal en het reeds meer as 'n miljoen "hits" op YouTube.  Nou kry gehore die geleentheid om hierdie twee legendes saam op een verhoog te sien.

KLIEK HIER OM NA DIE YOUTUBE VIDEO VAN 'TOE VIND EK JOU' TE LUISTER.

REMBRANDT VAN RIJN bestaan uit Pieter Erasmus en Phillru van Achterbergh.  Hulle het begin saam sing en speel toe hulle Drama studeer het.  Omdat hulle al hulle liedjies self skryf, het hulle dadelik baie gewild begin raak en het reeds optredes regoor die land gelewer soos by die KKNK, Aardklop, die Oppiwater Kunstefees en die Fijn Wijn Fees. 

“Ons beskou ons musiek as alternatiewe akoestiese musiek,” sê Pieter. 
“Ons skryf al ons materiaal self en lewer self so nou en dan kommentaar.  Ons het selfs ‘n song geskryf oor President Zuma se nuwe vliegtuig en ons noem dit Nkandla 4!  Maar vir ons is die belangrikste dat ons hartsmusiek maak!”  Phillru sê hulle is ongelooflik opgewonde om te open vir Francois van Coke en Karen Zoid se 'Toe vind ek jou'. 
“Jy kan nie glo nie hoe baie ons na hierdie een uitsien nie.  Kyk man – hulle is totaal ons idols.  Ons het al soveel by hulle geleer en dis so ‘n ongelooflike eer om vir hulle te open.   Francois van Coke is ‘n ongelooflike mens wat ek werklik totaal aanhang.  Ons speel toe Liewe Heksie … ja ek is ook in Liewe Heksie … in George so paar jaar gelede en wat gebeur toe ons terugvlieg van George Kaap toe … van alle mense land ek langs die legend, Francois van Coke.  Ek dog eers ek sluk my kleintongetjie in en hier begin Francois met my te gesels.  Ek vertel hom ek is ‘n actor wat ook sing! En net daar word ons toe die grootste vriende.”

Besprekings vir 'Toe vind ek jou' op 25 Junie by GrandWest kan gedoen word by Computicket 0861915 8000. 
Groepe meer as 10, kontak 011-815-3000.

Uitgereik deur Charl Senekal
Bemarkingsbestuurder - Lefra Produksies
 
011-815-3000 / 083-471-0037

 

A modern hobby worthy of your attention: tabletop board gaming

The beauty of the hobby is that you do not need to be an experienced board gamer at all to be able to enter it.
Wahl Lessing

SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

Die bestuur het besluit dat kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is.
Admin

Wine Estates Confirmed For Wine On Water Festival

The WoW Festival is a charity event, with all proceeds going to the upliftment of the local community.
Admin

Tweede Nuwe Jaar - Cape Town Street Parade

Tweede Nuwe Jaar has been celebrated in the Cape for over 110 years.
Admin