Jason Lee is gebore vir die verhoog

Posted in Entertainment by Admin on 13 October, 2016 at 12:46 p.m.

Jason Lee, die 21-jarige sanger, is vir die verhoog gebore en het verseker die stem, talent en voorkoms om gehore aan sy voete te hê.

Kliek HIER om na Jason Lee se onderhoud met GrootFM te kyk.

Sy nuutste debuut enkel-snit, “Hartklop Koningin”, is geskryf deur Roux Cloete en William Loots van Die Liedjielaaikas, en opgeneem en vervaardig deur die talentvolle Vaughan Gardiner en Hugo Ludik by Muse Studios.

Hierdie treffer snit val in almal se musiek smaak, gemeng met boeiende lirieke en treffende ritmes wat gaan sorg dat enige gehoor gaan sukkel om hul voete stil te hou met hierdie een.

Dié Laevelder is op Barberton gebore as enigste kind en floreer in ‘n hegte Christelike gesin. Hy het omtrent op die verhoog groot geword, en as 6-jarige reeds in plaaslike produksies verskyn. Asof sy natuurlike talent nie genoeg is nie, is hy boonop ‘n slimkop en spog met agt onderskeidings in matriek waarna hy Aktuariële Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer het.

Die hunkering na die verhoog was egter altyd teenwoordig en na sy tweede jaar besluit hy om sy studies tydelike opsy te skuif om sy droom na te jaag om op die verhoog te wees en mense met sy musiek te vermaak. Om die beste van sy natuurlike talent te maak, en wetend dat mens nooit alles van iets af weet nie, het hy by André Martinez, (Jacaranda Voice of 2016 wenner) aangeklop vir onderrig in sang, stem-fiksheid, vertolking, beweging en tegniek.

Al is hy vir minder as ‘n jaar in hierdie bedryf het hy hom reeds ook bewys as ‘n bekwame en gewilde seremoniemeester wat sy gehoor in die palm van sy hand hou (dis nou behalwe vir die meisies wat aan sy lippe hang!)

Te danke aan talent en afrigting is Jason gemaklik in verskeie toonhoogtes. Sy lae note is warm en die hoë note is gemaklik. Jason se suiwer stem verleen sy eie identiteit as veelsydige sanger wat nie huiwer om van Neil Diamond tot Kenny Rogers ‘n eie klank te gee nie.

Sy enkel-snit, “Hartklop Koningin”, lê na aan sy hart en is die ideale vertoonvenster van sy talent, styl en entoesiasme vir die lewe en toekoms. Na dese gaan daar beslis meer as een 'Hartklop Koningin' wees! Hou gerus hierdie blink, nuwe naam in die Afrikaanse musiekbedryf dop.

Volg Jason Lee gerus op: Twitter - @JasonLee, Facebook en Instagram: JasonLeeMusiek .

Uitgereik deur: Ferdinand J Steyn – Maverix Musiek 
 

A modern hobby worthy of your attention: tabletop board gaming

The beauty of the hobby is that you do not need to be an experienced board gamer at all to be able to enter it.
Wahl Lessing

SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

Die bestuur het besluit dat kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is.
Admin

Wine Estates Confirmed For Wine On Water Festival

The WoW Festival is a charity event, with all proceeds going to the upliftment of the local community.
Admin

Tweede Nuwe Jaar - Cape Town Street Parade

Tweede Nuwe Jaar has been celebrated in the Cape for over 110 years.
Admin