Stock Image: Memento Media.

Solidariteit se lede gaan Maandag werk en eis dat werkgewers oop moet bly

Posted in News by Admin on 16 March, 2023 at 9:52 a.m.

Solidariteit het vandag aan meer as 1 200 maatskappye, waar hy georganiseer is, ʼn skrywe gestuur waarin hy stel dat sy lede Maandag vir werk sal opdaag en dat daar verwag word dat hulle moet oop wees sodat Solidariteit-lede kan werk. 

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit het Solidariteit-lede ʼn kontraktuele plig om te werk en die werkgewer het ʼn plig om werk te verskaf. Hermann sê Solidariteit-lede bied hulle werk aan en werkgewers sal hulle nie op verpligte verlof kan stuur of toemaak en hulle nie daarvoor betaal nie.

Solidariteit sê in sy skrywe dat die land nie kan bekostig om ʼn dag se ekonomie te verloor nie. Dit sal werk verder bedreig. 

In sy skrywe moedig Solidariteit werkgewers ook aan om Julius Malema in sy persoon en die EFF sivielregtelik aanspreeklik te hou vir skade indien enige skade aangerig word. Regspraak daaroor is duidelik en dit sal moontlik wees om  ʼn direkte verband tussen Malema se aanhitsing tot geweld en die geweld wat wel plaasgevind het, aan te toon. Een skadevergoedingseis kan Malema en die EFF bankrot maak. 

“Ons lede gaan hulle nie laat intimideer deur ʼn nar met ʼn rooi oorpak wat raas en blaas, en deur 90% van Suid-Afrikaners verwerp word nie. Solidariteit-lede gaan, soos die meeste ander Suid-Afrikaners, in hulle tienduisende werk. Die enigste manier waarop die EFF suksesvol kan wees, is om vrees te saai. Dit doen hulle deur dreigement in die media te laat verkondig en dreigboodskappe rond te stuur. Elke werkgewer wat na aanleiding van vae dreigemente sluit, voed die EFF se vreestaktiek en is aandadig aan die ontwrigting op die dag,” het Hermann in die skrywe gesê. 

Solidariteit skryf ook dat hulle verwag dat daar verantwoordelik opgetree moet word en dat werklike risiko’s gemonitor moet word. Die nodige gebeurlikheidsplanne moet dan ook gereed wees. Ons lede wil werk, maar ook veilig en verantwoordelik werk. Indien daar op grond van ʼn behoorlike risiko-analise ingevolgebereopsveiligheidswetgewing bepaal word dat lewens of veiligheid bedreig word, verander die situasie. Reaksie op vae dreigemente is nie ʼn geregverdigde risiko-analise nie. 

Hermann se verder: “Ons kan nie toelaat dat werkgewers sonder ʼn bewese risiko van onveiligheid ons lede keer om te werk nie. Indien ʼn werkgewer ʼn Solidariteit-lid sou verhoed om te werk, sonder dat daar ʼn daadwerklike risiko is en verpligte verlof of geen betaling afdwing, kan hulle verwag dat ons arbeidsregtelik teen hulle sal optree. 

Indien werkgewers op die dag op grond van dreigemente sou sluit, voed hulle ʼn anargistiese kultuur wat die volgende keer net nog meer gaan eis. Deur aan die EFF-eise toe te gee, sal hulle daartoe bydra dat ons deur ʼn spul anargiste regeer word. Wat ons van werkgewers verwag, is om reg en orde te kies. Deur te sluit sal hulle presies die teenoorgestelde doen. Dit voed wanorde en verbreek die reg. 90% van Suid-Afrikaners verwerp die EFF; werkgewers moet dit ook doen.”


Ingedien deur: Solidariteit Media 

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Seismic testing sparks national uproar: Plett Environment Forum and locals demand immediate halt

Time is of the essence, and the ocean's cry needs advocates right now.
Anchen Coetzee

Swartland Auctioneers: Where Antiques, Auctions, and Eye Candy Meet!

Whether you're in it for the antiques, or a chance encounter with the charming owner, don't just drive past Swartland Auctioneers.
Anchen Coetzee

Fenomenale Fransie praat sonder "airs" of "graces"

Die storie van 'n Plaasmol.
Anchen Coetzee