Die onvergeetlike herinnering

Posted in Blogs by Admin on 8 November, 2017 at 9:15 p.m.

Volg Bottertjieblom op Facebook
Lees nog inskrywings van Ice Pack Oppie Blou Kol 

Hy is dronk. Dis al laat.
Ek trek my nagklere aan. Hy kom druk sy dronk-lyf teen my en sê: “toe, lê, ek wil naai.”
Ek stoot hom weg en sê: “jy is dronk, klim in die bed.”
Hy stamp my dat ek op die bed val, probeer my klere uittrek. Ek probeer keer. Hy raak kwaad.
“Trek uit! Hoekom wil jy my nie seks gee nie? Daar is seker iemand anders, nê?!”

Ek probeer rustig wees en smeek hom om in die bed te klim. Hy hou aan probeer om my klere uit te trek. Ek probeer keer. Hy skeur my naghempie. Ek skop hom weg. Hy kom weer en skeur my broek af. Hy probeer sy vinger indruk. Ek voel paniekerig. Hierdie voel nie reg nie. Hy moet homself nie op my afdwing nie!

“Toe, laat ek bietjie voel hoe voel jy.” Hy druk amper sy vinger agter in.
En ek sê die verkeerdste ding wat ek ooit kon sê (ek sidder nou nog as ek daaraan dink): “Net * moffies doen dit.”
Sy oë raak wild en staan stokstyf in sy kop en al wat ek kan dink is: "Oh shit..."

Hy begin my wild slaan met albei vuiste, hy mik vir my gesig. Ek probeer keer, ek probeer skop, ek skree, ek smeek, ek huil...
“Vir jou gaan ek doodp@*s! Ek is nie ‘n fokken moffie nie! Jy sê dit nooit weer nie, jou fokken bitch!”

Die vuiste reën op my neer, ek voel hoe tref dit my kakebeen, ek voel hoe tref dit my oog, ek proe bloed. Ek huil en smeek:
“Asb Lovey, dis ek, hou op, asb, dis ek, hou asb op!” Oor en oor sê/vra/ween ek dit.
Alles raak blank. Ek weet nie wanneer het hy opgehou nie, ek weet nie hoeveel houe het my getref nie. Ek voel nie pyn nie, ek voel net ‘n allerverskriklikste vrees en dan voel ek niks. Ek trek myself in ‘n bondeltjie... ek is kaal... ek is stukkend...

Hy gooi vir my ander slaapklere. “Toe, trek aan en slaap”. Ek trek aan, klim onder die komberse en huil en bid:
“Mammie, Daddie, ASSEBLIEF, bel my! Ek het jul nodig! Asseblief, hoor asseblief my pleidooi! Bel my...asb....bel my... Asseblief, Liewe Here, laat my mammie of daddie my asb bel, asseblief Liewe Here, ek het hul nodig!” Ek raak aan die slaap...

Hy word wakker die volgende oggend, skud my wakker om die skade te sien. Hy kry homself jammer, stupid ekke troos hom. Hy steek my foon weg. Ek kan niemand bel nie. Hy ry winkels toe en kom terug met ‘n bottel wyn en my gunsteling kos. Hy het sy boetie vertel wat hy aan my gedoen het en sy boetie het hom die volgende 'raad' gegee: "Kook net vir haar haar gunsteling kos en bederf haar met ‘n wyntjie, dan sal als okay wees."
Ek is ontsteld, want hoekom mag hy met iemand praat oor wat hy aan my gedoen het, maar ek mag nie. En dat hy dink as hy my gaan 'bederf' gaan als weer orraait wees?! Hy sê toe ek moet met sy ma daaroor praat en dan kan sy raad ook gee oor hoe om die swelling te laat sak. Lagwekkend, ek weet. En heeltyd bid ek dat my ouers of enigiemand my bel... maar niemand bel nie...

Dis my mees onvergeetlike herinnering.
Soms onthou ek dit soos gister, soms kom hap-hap dit aan my, soms kry ek nagmerries daarvan, maar dan dink ek: dankie tog dis verby, dis in die verlede, dit gaan nooit weer gebeur nie, ek is uiteindelik vry en hy sal nooit weer aan my raak nie.
Ek het survive, ek het sterker aan die ander kant uitgekom, ek het vergewe, maar die vergeet... daai herinnering wil nie vergeet word nie. Miskien met tyd sal dit vervaag, maar vir nou, wanneer dit my bekruip, begin ek weer met: dankie tog dis verby... ek is vry!

Toodles - tot volgende keer!
Botterblom

* Ek is 'n voorstaander van gay-regte. My woorde was geuiter in 'n oomblik van desperaatheid.

 

 

 

Die duiwel het sy kans gesien en dit gegryp

Wasband betekenis: He WAS my husband. Therefore he is my wasband.
Admin

Ice pack oppie blou kol

Dit is in die geheue vasgebrand - of sal ek eerder sê ingeslaan.
Admin

Brief aan my jonger self

Daar is begeertes wat jy nie kan onderdruk nie - vrae wat niemand wil antwoord nie.
Admin

Ope brief aan ouers van gay kinders

Ek is self ‘n ouer. Ek is ook iemand se gay kind.
Admin